Giwusa sê McKenzie moet onmiddellik afgedank wordMarch 10, 2025

Die vakbond vir algemene nywerhede, Giwusa, eis die onmiddellike afdanking van die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, oor ‘n poste-advertensie deur sy departement. Die advertensie sluit glo Afrika-kandidate uit en prioritiseer wit, bruin en Indiese werkers. Die president van Giwusa Mametlwe Sebei veroordeel dit as diskriminerende en ‘n skending van indiensnemingsbillikheidswette. Hy dreig met regsoptrede as die saak nie binne sewe dae reggestel word nie: