Twee belangrike uitsprake in hoërhof verwagMarch 10, 2025

Twee belangrike uitsprake word vanoggend in die hoërhof verwag. Die eerste is die bevriesing van die bankrekenings van Coenie Botha se CBI Exchange. Botha het ‘n aansoek teen die Bank van Namibië gebring om die opdrag om te keer. Uitspraak word om tien-uur verwag. In die tweede saak word uitspraak verwag in die aanklaer-generaal Martha Imalwa se aansoek vir ‘n bewaringsbevel teen die Fishrot-verdagtes. Daar is 22 respondente in die saak en dit word verdedig. Uitspraak word om nege verwag.