Graad 3-leerders kan nie lees, ‘weens Covid’March 6, 2025
Senior personeel van die onderwysministerie het op 4 Maart ‘n vyf-dag plenêre vergadering begin oor die ministerie se strategiese rigting en operasionele planne. Hulle beoog om die 2024/25 ministeriële jaarplan te hersien, die jaarplan vir 2025/26 te finaliseer en die konsep-strategiese plan vir 2025/26 tot 2030/31 af tehandel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sanet Steenkamp, die uitvoerende direkteur van onderwys, wat sê een van die uitdagings wat aangespreek sal word, is graad 3-leerders wat weens die Covid-19-pandemie nie kan lees nie.