COPE het kommer oor SA se beeld, met Trump en kieMarch 6, 2025

COPE sê Suid-Afrika se morele stem is vinnig besig om te vervaag, plaaslik en internasionaal. Die party sê die Amerikaanse president, Donald Trump, is ‘n nabootser-diktator wat dreigemente na Suid-Afrika slinger. Pake Dikgetsi van COPE sê karakters soos die tegnologie-miljardêr Elon Musk en die politieke kommentator Tucker Carlson kan skadelike leuens oor die land versprei sonder enige besware van pro-Suid-Afrikaanse drukgroepe in die VSA.