Ekonomiese klimaat lyk beter, afhangend van wêreldsake
Volgens Simonis Storm het die kredietverlenging in die privaatsektor in Januarie met 4,1 persent gegroei, die hoogste vlak sedert vroeg-2023. Dit dui op ‘n bestendige verbetering in risiko-aptyt, veral in die korporatiewe sektor. Die vraag na huishoudelike krediet bly swak. Die groei in kredietverlenging in die sektor het ook van 3,3 persent in November tot 4 persent in Desember gestyg, wat meer akkommoderende finansieringsvoorwaardes vir ondernemings weerspieël, asook verbeterde besigheidsvertroue en ‘n geleidelike ekonomiese herstel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Almandro Jansen, ‘n ekonoom by Simonis Storm, oor die vooruitsig vir die res van die jaar.