Ierland-kaptein kan fiks wees vir Sesnasies-kragmeting met Frankryk

Rugby: Die verdedigende kampioen, Ierland, hoop hulle kaptein, Caelan Doris, sal fiks wees om hulle in Saterdag se Sesnasies-kragmeting met Frankryk in Dublin aan te voer. Die bestuur sê hy herstel goed van sy kniebesering. Die onoorwonne Ierse span is bo aan die punteleer met Frankryk tweede na hulle Wallis en Italië geklop, maar teen Engeland verloor het. Na die naweek is daar slegs een ronde oor met ‘n ongekende derde agtereenvolgende titel vir die Iere op die spel.