Dolly Parton se man van 60 jaar, sterf
Die ikoniese country-musiekster Dolly Parton se man, Carl Dean is op 82-jarige ouderdom dood in Nashville, Tennessee. Die twee het buite ʼn wassery ontmoet op die dag toe ʼn 18-jarige Parton Nashville toe getrek het. Hulle is twee jaar later, in 1966, tydens ʼn intieme seremonie in Ringhold, Georgia, getroud. Dean, ʼn sakeman wat sy eie asfalt-plaveisel-onderneming besit het, is selde saam met die sangeres in die openbaar gesien. Parton sê woorde kan nie die liefde beskryf wat hulle oor 60 jaar gedeel het nie.