SA-gesondheid vergader met rolspelers na USAid hulp stop

Die gesondheidsdepartement gaan dié week met nie-regeringsorganisasies vergader oor die uitwerking van Amerika se befondsings-besnoeiings vir MIV/Vigs- en TB-programme. Hulle sal ingelig word oor die regering se reaksie op die krisis. Woordvoerder Foster Mohale het pasiënte wat MIV-behandeling van die betrokke Amerikaans-befondsde sentrums ontvang, gevra om hulle behandeling by openbare gesondheidsinstellings voort te sit: