Cran se K4-verslag toon net 30% van posbusse is beset 

In sy oorsig van die vierde kwartaal van 2024 sê Cran dat totale mobiele uitgaande minute het met 4 persent toegeneem, effe laer as die 8 persent wat in die derde kwartaal waargeneem is maar, SMS-volumes het skerp gedaal, met 6 persent. Daarteenoor het mobiele dataverbruik toegeneem met 9 persent wat aandui dat verbruikers geskuif het na datagedrewe kommunikasie, soos WhatsApp. Posbusgebruik het met 35 persent afgeneem met ‘n algehele besettingskoers van net 30 persent. Privaatsakke het ook gedaal, met 37 persent.