Vatikaan spekuleer oor pous se pos

Daar is spekulasie in die Vatikaan dat pous Franciskus dalk weens sy gesondheidsprobleme van sy amp as hoof van die Rooms-Katolieke Kerk sal afstand doen. Sy voorganger, pous Benedictus, was in 2013 die eerste pous in 600 jaar om dié stap te doen. Pous Franciskus is sedert 14 Februarie met asemhalingsprobleme in ‘n hospitaal in Rome. Die Vatikaan het Saterdag gesê sy toestand is stabiel.