Gholf: Naidoo, Canter voor by SA Ope

Dylan Naidoo van Suid-Afrika deel ‘n eenhouvoorsprong by die SA Ope met Laurie Canter van Engeland na die derde ronde by die Durbanse Buiteklub. Die 28-jarige Naidoo was gister op baansyfer op die laaste putjie vir ‘n ronde van 71 en loop gesamentlike voor met Canter op 14 onder baansyfer. Naidoo and Canter pak vandag die laaste ronde een hou voor nog ‘n Engelsman, Marco Penge, terwyl die voormalige SA Ope-kampioen Branden Grace, Darren Fichardt en die amateur Christiaan Maas tans gesamentlik vierde is op 12 onder baansyfer.