Nujoma-begrafnis: Só lyk die stoet se roete

Stigterspresident Sam Nujoma word vandag by die Helde-akker begrawe en president Nangolo Mbumba het die dag as openbare vakansiedag verklaar. Die prosessie met Nujoma se oorskot sal om kwart-oor-nege van die Onafhanklikheidstadion vertrek, waar hy oornag in staatsie gelê het, en na die Helde-akker beweeg vir die staatsbegrafnis. Die publiek word aangemoedig om vroeg hul plekke in te neem om die gladde vloei van verrigtinge te verseker. Inligtingminister Emma Theofelus het die prosessie se roete verduidelik.