Hartverskeurende selfmoord van skoolmeisie, 16
Die Namibiese polisie het ‘n hartseer voorval aangemeld. ‘n Leerder van Eldorado Hoërskool, ‘n 16-jarige meisie het Donderdagmiddag selfmoord gepleeg. Haar suster het haar net voor ses-uur namiddag in die huis aangetref. Sy het haarself gehang. Die polisie sê sy het ‘n geskiedenis van selfmoordpogings, met twee in Januarie vanjaar, maar, die familie het nie uitgereik vir hulp vir haar nie. Dit kom volgens die mag, na sy verlede jaar verkrag is. Dit is ook nie aangemeld by owerhede nie. ‘n Nadoodse ondersoek is gelas.