Burgerlugvaartowerheid beperk lugruim tot Maandag

Die Namibië Burgerlugvaartowerheid het aangekondig dat hy die lugruim binne die Windhoek Vluginformasiestreek beperk het om veiligheid en sekuriteit te verseker tydens die rou- en begrafnisverrigtinge van stigterspresident Sam Nujoma. Die owerheid se uitvoerende direkteur, Toska Sem, sê die beperking geld vanaf vandag tot Sondag, 2 Maart. Die beperking behels die opskorting van algemene lugvaartoperasies op die Hosea Kutako Internasionale Lughawe en verbied ongemagtigde hommeltuig -bedrywighede binne die vasgestelde parameters. Alle hommeltuig-operasies wat sonder magtiging uitgevoer word, is streng verbode gedurende die vasgestelde periode, hetsy vir private, kommersiële of ontspanningsdoeleindes, behalwe vir mediabedrywighede wat deur die betrokke owerhede goedgekeur is.