Moenie belasting verhoog, samel eerder beter in
Die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Edward Kieswetter sê die verhoging van belastinginkomste moet begin met die versterking van invorderingsvermoë, en nie belastingverhoging nie. Hy het ‘n paneelbespreking van G20-vergaderings oor makro-ekonomiese kwessies in Kaapstad toegespreek. Die finansminister, Enoch Godongwana, kon nie die nasionale begroting indien nie, omdat die regering van nasionale eenheid nie saamgestem het oor ‘n 2 persent verhoging in BTW nie. Kieswetter sê belastingverhogings het gevolge.