EU beloof dadelike optrede teen Trump-tariewe
Die Europese Unie het streng en onmiddellike optrede beloof teen sogenaamde ongeregverdigde tariewe teen vry en regverdige handel. President Donald Trump van Amerika het gedreig om tariewe van 25-persent in te stel op goedere wat in die EU vervaardig is. Hy beskuldig die groep van 27 lande dat hulle Amerika uitbuit. Dié blok lande en China is Amerika se derde grootste handelsvennote. Die EU sê hy sal baklei teen tariewe wat regs- en niediskriminerende beleid uitdaag en altyd Europese sakeondernemings, werkers en verbruikers beskerm.