Jos Buttler gaan sy witbalkapteinskap-toekoms oorweeg

Krieket: Jos Buttler sê hy gaan alle moontlikhede oorweeg oor sy toekoms as Engeland se witbalkaptein nadat sy span uit die Kampioenetrofee geboender is. Dit volg nadat hulle in Lahore, Pakistan, met agt lopies teen Afganistan verloor het. Dit was Engeland se derde agtereenvolgende teleurstelling onder Buttler se leierskap in beperkte boulbeurt-toernooie na die eendag-Wêreldbekertoernooi in 2023 en verlede jaar se T20-uitgawe. Buttler sê dit gaan ʼn tydjie neem om oor die pad vorentoe te besin.