Rwanda sê opskorting van Britse hulp dra nie by tot politieke oplossing in DRK nie

Die Rwandese regering sê die Verenigde Koninkryk se besluit om sy finansiële hulp op te skort, is betreurenswaardig. Brittanje sê hy is gekant teen Rwanda se ondersteuning van die M23-rebelle wat twee stede in die ooste van die DRK beset het. Meer as 7 000 mense is dood en duisende het uit hul huise gevlug sedert die konflik in Januarie toegeneem het. Rwanda sê Brittanje se maatreëls dra nie by tot ʼn volhoubare politieke oplossing vir die geweld in die DRK nie.