Enoch soek wêreldwye minimumbelasting

Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê baie moet nog gedoen word om te verseker dat alle lande internasionale belastinghervormings instel. Hy het by die G20-vergadering van ministers van Finansies en Sentrale Bankbestuurders in Kaapstad gepraat. Godongwana sê die instelling van wêreldwye minimum belasting is ‘n belangrike stap om ‘n regverdiger en meer volhoubare belastingstelsel te bereik wat alle lande sal bevoordeel: