Spertyd vir registrasie van SA politieke partye en kandidate is vanandAugust 23, 2021
In die buurland het die Onafhanklike Verkiesingskommissie die spertyd vir die registrasie van politieke partye en kandidate vir die plaaslike regeringsverkiesing tot negeuur vanaand uitgestel. Die oorspronklike spertyd was vyfuur vanmiddag. Altesaam 97 politieke partye en 353 onafhanklike kandidate het hulle benoeming vir vanjaar se verkiesing bevestig of voorgelê. Die finale lys kandidate sal op die sewende van volgende maand gesertifiseer en uitgegee word. Daar is tans 480 partye waarvan 298 op nasionale en 182 op distriks- of metropolitaanse vlak geregistreer is.
I am extremely impressed with your writing abilities and also with the structure to your weblog. Is that this a paid theme or did you modify it yourself? Anyway keep up the excellent quality writing, it’s uncommon to see a nice weblog like this one nowadays!