Alle skole toe op Vrydag, 28 Februarie
Die onderwysministerie het aangekondig dat alle skole op Vrydag, 28 Februarie gesluit sal wees. Dit stel leerders in staat om hul ouers te vergesel en die gedenkdiens vir stigterspresident Sam Nujoma in Windhoek by te woon. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die uitvoerende direkteur van onderwys, Sanet Steenkamp, wat die riglyn wat aan direkteure van onderwys, inspekteurs en skoolhoofde gerig is, bevestig het.