DRK se humanitêre situasie kommerwekkend
Meer as 7 000 mense, baie van hulle burgerlikes, is sedert verlede maand in geweld in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo dood. Die eerste minister van die DRK, Judith Suminwa Tuluka, het in Genève aan die Menseregteraad van die Verenigde Nasies gesê die veiligheidsituasie in die ooste van die DRK is uiters kommerwekkend. Die Rwanda-gesteunde M23-rebelle het op groot gedeeltes van die mineraalryke oostelike DRK beslag gelê terwyl daar beperkte weerstand van Kongolese magte was. Meer as 2 500 liggame is begrawe sonder om uitgeken te word en nog 1 500 is nog in lykshuise.