Sewes: Dis Blitsbokke teen Fidji
Suid-Afrika speel vanaand teen die voorloper op die wêreldreeks se punteleer, Fidji, in die halfeindronde van die Vancouver Sewes. Die Blitsbokke het Nieu-Seeland en Ierland verslaan voordat hulle 12-17 teen Australië verloor het in hulle laaste groepswedstryd. Hulle het die Aussies egter in die kwarteindronde 17-14 geklop danksy drieë deur Ronald Brown, Ryan Oosthuizen en Shilton van Wyk. Vanaand se ander halfeindstryd is tussen Argentinië, wat tans tweede op die punteleer is, en die derde geplaasde Spanje. Suid-Afrika is vierde op die punteleer.