Droogte: Voedselreserwes kry knou
Die voortslepende droogte bedreig die voedselsekuriteit van sowat 1,26 miljoen Namibiërs of 40 persent van die land se bevolking, sê die ministerie van landbou. Reserwe-bergingsfasilteite was in November net 11 persent vol, vergeleke met 21 persent in November 2023. Sowat 301 000 ton graan sal ingevoer moet word om vir die plaaslike produksietekort te vergoed en pryse sal in die korttermyn aanhou styg, luidens die ministerie.