VF+ sleep Onteieningswet hof toe
Die Vryheidsfront Plus beplan om die Onteieningswet by die Konstitusionele Hof alleen te betwis nadat ander opposisiepartye besluit het om nie daaraan deel te neem nie. Die VF Plus beweer partye soos die DA en IVP loop die geleentheid mis om die wet gesamentlik te betwis. Woordvoerder Wouter Wessels hou vol die bepaling oor onteiening sonder vergoeding is ongrondwetlik en hou risiko’s vir eiendomsreg en beleggersvertroue in.