Iishanas nou in vloedbulletin ingesluit
Die Namibiese Hidrologies Diens begin rapporteer oor die iishanas in die Cuvelai-opvangsgebied. Verskeie van die stasies is gemeet met die laagste op net onder 0,1 meter en die hoogste op net minder as ‘n halwe meter. Intussen lyk dinge beter by Ruacana en die vloei in die Kunene is op 308,3 kubieke meter per sekonde, op van 298 op die 19de. Die Zambezi by Katima Mulilo is op 1,69 meter. By Rundu vloei die Okavango hoog op 5,93 meter. In die benede Oranje lyk dinge maar traag. Blouputs is op 0,56 meter en Sendelingsdrif is op 0,05.