Binnelandse sake vra geduld met e-visa implementering
Die binnelandse sake-ministerie het ‘n beroep op reisigers gedoen om geduldig te wees terwyl die regering die nuwe visa-regime implementeer wat op 1 April in werking tree. Etienne Maritz, die uitvoerende direkteur van binnelandse sake, sê in ‘n verklaring die visum-by-aankomsproses sal op 3 Maart begin. Hy sê die bekendstelling van die visa-by-aankoms-aansoekvorm en die e-visastelsel is ‘n belangrike stap om Namibië se toeganklikheid vir wêreldreisigers te verbeter. Dit sal die logistiek vir toeriste aansienlik verbeter en ‘n naatlose, doeltreffende ervaring verseker wanneer hulle Namibië besoek.