Tiener verras Iga Swiatek in Dubai

Tennis: Die tiener Mirra Andreeva het die tweede-gekeurde Iga Swiatek 6-3, 6-3 geklop om die halfeindronde van die Dubaise Kampioenskap te haal. Die 17-jarige Rus het haar afslaan verloor in die tweede stel, maar teruggeveg en in een-uur-36-minute gewen. Andreeva, wat verlede jaar ook die voorlaaste ronde op Roland Garros gehaal het, is die jongste speler in die halfeindronde in die Dubai-toernooi se geskiedenis van 25 jaar.