Venus Williams, Petra Kvitova promotorskeuse by Indian Wells
Tennis: Die sewemalige Grand Slam-kampioen, Venus Williams van Amerika, en die tweemalige Wimbledon-wenner, Petra Kvitova van die Tsjeggiese Republiek, is promotorskeuses op volgende maand se Indian Wells Ope in Amerika. Die 44-jarige Williams sukkel met beserings en kon nog nie weer speel sedert die eerste ronde van die Miami Ope in Maart verlede jaar nie. Kvitova keer terug van kraamverlof na haar eersteling in Julie verlede jaar gebore is. Williams het Indian Wells se halfeindronde drie keer gehaal terwyl Kvitova drie keer in die kwarteindronde gespeel het.