Behuising: Ingrypings broodnodig
Die interaksie van die groeiende bevolking en die bestaande agterstand in behuising onderstreep die dringende behoefte aan effektiewe beleidsintervensies en ‘n groter belegging in behuisingsontwikkeling. Stedelike en landelike ontwikkeling-minister Erastus Uutoni het voorheen die skaarste aan gedienste grond as ‘n belangrike uitdaging vir die behuisingsektor uitgelig. Kosmos 94.1 Nuus het met Heinrich Amushila, die mededirekteur van Namibia Housing Action Group, gepraat oor hul planne vir die komende jaar.