Geraint Thomas kondig uittrede aan
Fietsry: Die wenner van die Tour de France in 2018, Geraint Thomas, tree aan die einde van die seisoen uit. Die 38-jarige Wallieser het in 2008 en 2012 Olimpiese goud in spanagtervolging gewen, asook drie wêreldtitels ingepalm. Thomas durf vanjaar die toer in ‘n ondersteunende rol aan vir sy Britse span, INEOS. Hy beplan dan in om September aan die Toer van Brittanje deel te neem voordat hy uitspan. Volgens Thomas wil hy na sy uittrede aan Strictly Come Dancing deelneem.