Varsitybeker-wedstryd tussen Ikeys, Eagles nou op geheime veld
Rugby: Die Varsitybeker-kragmeting tussen die Universiteite van Kaapstad en Noordwes word vanaand op ‘n onbekende plek gespeel nadat dit gisteraand afgelas moes word. Die wedstryd in die eerste ronde op Ikeys se tuisveld kon nie voortgaan nie omdat betogers die veld betree het. Hulle het glo betoog teen die gebrek aan voldoende verblyf vir studente op kampusse. Die organiseerders sê vanaand se wedstryd vind sonder toeskouers plaas en Ikeys se rugbyklub kan gekontak word vir terugbetaling van kaartjies.