Duisende ton ultraviolet-filters van sonskermmiddels beland in see
Volgens ‘n nuwe verslag is dringende ondersoek nodig na die potensiële impak wat sonskerm op mariene omgewings het. Sonskermmiddels bevat chemiese verbindings, bekend as pseudo-aanhoudende besoedelaars, wat die son se ultraviolet strale blokkeer en kan lei tot bleiking en misvorming in koraal of ‘n afname in visvrugbaarheid. Die produkte word in verrassend hoë volumes in oseane afgespoel, volgens die verslag in die Journal Marine Pollution Bulletin. Na raming word 6 000 tot 14 000 ton ultraviolet-filters elke jaar net in koraalrifsones vrygestel, en veel meer in strandgebiede.