Otjozondjupa-boere gemaan om vir knopvelsiekte in te ent

Die Otjozondjupa-streek het voldoende reënval ontvang, maar uitdagings duur voort vir veeboere in die vorm van knopvelsiekte. Boere sukkel om hul beeste te verkoop. Die Direktoraat Veeartsenydienste het 17 671 beeste in Otjombinde en 11 066 in Okakarara en omliggende gebiede ingeënt. Bykomende entstowwe word verkry en vanaf 13 Maart sal strenger dierebewegingsmaatreëls in die betrokke streke, insluitend Okakarara, van toepassing wees. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Otjozondjupa-goewerneur James Uerikua.