Logistieke sektor juig oor ingryping by Katima Mulilo-grenspos
Die kabinet het die groenlig gegee vir ‘n reeks ingrypings wat daarop gemik is om die aanhoudende vragmotoropeenhoping by die Katima Mulilo-grenspos te verlig. Die maatreëls, effektief vanaf 1 April, poog om grensbedrywighede te stroomlyn en verkeersvloei te verbeter. Die onmiddellike fokus sal op vooraf-klaring van dokumente wees, om te verseker dat alle nodige papierwerk verwerk word voordat vragmotors die grens bereik. Een van die korttermynplanne is om ‘n vereniging vir Namibiese vragmotorbestuurders te stig. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Harald Schmidt van die Namibië Logistieke Vereniging.