Moeilike jaar vir renosters, weer
Luidens Namibië se verslag wat by die 78ste Cites-vergadering ingedien is, het die land een van sy slegste jare vir renosterstropery ervaar. Daar is 81 renosters gestroop met 77 wat gearresteer is. In 2022 is ‘n verbysterende 94 diere dood en in 2023, 77. In 2015 is daar 97 diere gedood. Die groot kommer ontstaan oor die toegang wat stropers het tot renostergebiede. Owerhede het verskeie ingrypings gemaak vanaf Mei en in die tweede helfte van die jaar is net 22 diere dood teenoor die 59 in die eerste helfte.