Schlettwein sê spanne werk aan knopvelsiekte in die streke

Sowat 28 000 diere is reeds teen knopvelsiekte ingeënt en vanaf 13 Maart sal vervoer vir ingeënte diere toegelaat word. Uitvoere word alleenlik toegelaat 21 dae ná inenting, sê die landbouministerie. Sedert knopvelsiekte verlede Junie by Okakarara aangemeld is en na Omaheke, die twee Kavango-streke, Zambezi, Ohangwena, Oshana, Oshikoto en Kunene versprei het, was daar 1 564 bevestigde gevalle met 443 vrektes. Kosmos 94.1 Nuus het met landbouminister Calle Schlettwein gepraat, wat sê amptenare werk aan die siekte in die streke.