Rusland versterk greep op Oekraïne

Rusland het Saterdag gesê sy magte het die dorpie Berezivka beset in hul jongste deurbraak in die Donetsk-streek in die ooste van Oekraïne. Oekraïense amptenare wou nie kommentaar op dié aanspraak lewer nie, berig AP. Hoewel dit net ‘n klein nedersetting is, is die inval ‘n belangrike mylpaal vir Rusland. Die supermoontheid probeer beheer oor alle dele van Donetsk en die aangrensende Luhansk kry, aangesien dit die hart van nywerheid in die Oekraïne vorm.