Griekwas jaag Bok-toets
Griekwas is steeds hoopvol om vanjaar ‘n Springbok-toets aan te bied, berig Suid-Afrikaanse media. Arni van Rooyen, uitvoerende hoof van Griekwas, het bevestig dat die toetsmodel vir Bok-tuistoetse tans hersien word. ‘n Komitee van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie kan volgens Rapport se inligting binne die volgende week of twee byeenkom om oor voorstelle vir ‘n toekomstige toetsmodel te debatteer.