OpenAI verwerp Musk-aanbod

OpenAI se direksie het eenparig ‘n aanbod van Elon Musk verwerp om dié gewilde kunsmatige intelligensie-maatskappy vir 97,4 miljard Amerikaanse dollar te koop, berig AFP. “OpenAI is nie te koop nie, en die direksie het eenparig mnr. Musk se jongste poging verwerp om mededinging te ontwrig,” het direksievoorsitter Bret Taylor op X gesê. OpenAI hou vol dat dit as ‘n nie-winsgewende bedryf tot voordeel van die hele mensdom voortbestaan. Musk het Woensdag hofdokumente ingedien waarin hy gesê het dat hy die aanbod om OpenAI te koop, sal onttrek as die direksie voortgaan met dié organisasie se “liefdadigheidsmodel”.