Betoging teen Covid-inentings in Kaapstad

Die Universiteit van Kaapstad se Fakulteit van Gesondheidswetenskappe het sy kommer uitgespreek oor die teen-inentings-betoging wat buite die Groote Schuur-hospitaal gehou is. ‘n Groep mense wat teen Covid-inenting gekant is, het byeengekom om hulle steun vir die hartsjirurg dr. Susan Vosloo te toon, ná haar teen-inentingsboodskap. Die dekaan van Gesondheidswetenskappe by die universiteit, Lionel Green-Thompson, sê die betogers is oneerbieding teenoor diegene wat onvermoeid werk om lewens te red en pasiënte se lyding te verlig.