Kenia sukkel met omgewingsbewaring
Bioverskeidenheid in Kenia ondervind groot bedreigings soos droogtes, ontbossing, veranderende grondgebruik en infrastruktuur-ontwikkeling. Volgens ʼn verslag van Nature Kenya word slegs drie van die 56 belangrike gebiede wat ondersoek is, as gunstig beskou. Bedreigings sluit in verlies aan bedreigde spesies se habitat, voëls wat in kraglyne vasvlieg en besoedeling. Ongereguleerde lewendehawe dra volgens berigte ook by tot konflik tussen mens en natuur. Ondanks ʼn afname in bewaringspogings, beloof regeringsagentskappe en nie-regeringsorganisasies om saam te werk en die land se ryke ekostelsels te beskerm.