Onderwyseres steek leerder, 8, dood
‘n Onderwyseres het ‘n agtjarige meisie doodgesteek in ‘n laerskool in Deajeon, Suid-Korea. Die kind is met steekwonde aangetref op die tweede verdieping van ‘n skool en in die hospitaal dood verklaar. Die onderwyseres is met steekwonde langs haar gevind, wat die polisie vermoed sy self toegedien het. Die Onderwysdepartement sê die vrou het ses maande verlof gevra vir depressie, maar het na 20 dae teruggekeer toe ‘n dokter besluit het sy is geskik om te werk.