Shipwikineni-saak draai weer in die hof 

Die saak van die voormalige lid van die Swapo-jeugligla se Erongo-streek se uitvoerende komitee, Reinhold Shipwikineni teen Swapo kom weer vandag voor regter Boas Usiku voor. Sy regsman Richard Metcalfe het onttrek en hy het uitstel gevra. Die respondente vra op hulle beurt dat die saak afgehandel word en vra verhoordatums in Junie vanjaar. Shipwikineni eis dat die party na drie maande na Hage Geingob se afsterwe ‘n buitengewone kongres moes gehou het. Volgens die stukke het hy nog nie regsverteenwoordiging bekom nie.