Guterres bepleit vir volhoue vrede in Gaza
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê vyandighede in Gaza wat tot groot tragedie sal lei, moet onder geen omstandighede hervat word nie. Hamas het Saterdag se beplande vrylating van Israelse gyselaars uitgestel en beweer Israel skend die skietstilstandooreenkoms. Drie gyselaars sou vrygelaat word in ruil vir Palestynse gevangenes wat in Israel aangehou word. Guterres sê albei kante moet by hulle verbintenis hou en ernstige onderhandelinge vir die tweede fase van die ooreenkoms hervat.