Djokovic optimisties oor besering
Tennis: Novak Djokovic glo hy sal fiks wees vir die Katarse Ope wat later die maand in Doha begin. Die gewese wêreld-nommer-een sê die beenbesering wat hy tydens verlede maand se Australiese Ope opgedoen het, het heeltemal herstel. Die 37-jarige Serwiër moes onttrek tydens sy halfeindstryd teen die tweede gekeurde Duitser, Alexander Zverev. Djokovic sê hy gaan mik vir sy 100ste ATP-titel om aan te sluit by die Switserse meester Roger Federer en die Amerikaner Jimmy Connors, wat die enigste twee spelers is wat dit nog kon vermag.