Afrikaners kort nie US$ nie, eerder eie grondgebied

Die uitvoerende hoof van die Orania Beweging Joost Strydom het in ‘n video op X lede op die platform gevra om die poging vir ‘n soewereine gebied vir die Afrikaner-volk te bevorder. Hy sê sy boodskap aan die Trump-administrasie is eenvoudig – hulle soek die belasting dollars nie, net ‘n eie gebied.