Trump stel sankies teen Strafhof in
President Donald Trump het ʼn uitvoerende bevel onderteken om sanksies teen die Internasionale Strafhof in te stel en beskuldig die hof van ongegronde en onwettige optrede teen Amerika en Israel. Dit stel finansiële sanksies in en keer visums vir strafhof-werknemers en hulle gesinne wat gehelp het met ondersoeke na Amerikaanse burgers of hul bondgenote. Die strafhof het in November lasbriewe vir inhegtenisneming uitgereik vir Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, en sy destydse minister van Verdediging, Yoav Gallant, vir misdade teen die mensdom en oorlogsmisdade. Die bevel sê die hof bedreig Amerikaanse soewereiniteit. Die hof se hoofaanklaer, Karim Khan het verlede jaar in Mei met Christiane Amanpour gepraat oor dreigement deur Amerika oor die Israeli-sanksies.