Cyril woon AU-beraad in Addis by 

President Cyril Ramaphosa lei op 15 en 16 Februarie Suid-Afrika se afvaardiging na die 38ste AU-beraad in Addis Abeba. Die tema van die beraad is “Justice for Africans and People of African Descent Through Reparations” en sal kwessies oor vrede en veiligheid behandel, insluitend die konflik in die Demokratiese Republiek die Kongo. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, sê gesprekke sal ook fokus op die belangrikste punte van Agenda 2063, verkiesing van die AU-leierskap en vordering met die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied.