Nog invloei in damme, ook Naute

NamWater het die invloei by damme opgedateer na die swaar reën oor veral die sentrale gebied. Die Visrivier vloei en goeie inloop word by die Hardapdam verwag. Invloei in Von Bach was heelwat stadiger teen laat gistermiddag, maar die dam het 120 000 kubieke meter gevat en staan op 24,8 persent. Swakoppoort het invloei van 370 000 kubiek gehad en is op 24,9 persent. Die Naute by Keetmanshoop het gestyg vanaf 27,2 persent na 29 persent na 1,56 miljoen kubiek die dam binnegevloei het.